Inleiding

Hierdie module, by die Departmenent Elektriese en Elektroniese Ingnieurswese by Stellenbosch Universiteit, is 'n inleiding tot die beginsels van elektriese kragstelsels vir tweedejaar Elektries en Elektroniese Ingenieurstudente. Die volgende onderwerpe word deur die verloop van die module behandel:

  • Enkelfasige en driefasige wisselstroomteorie
  • Enkelfasige en driefasige kragtransformators
  • Volgorde komponente
  • Modellering van transmissielyne
  • Bestendige toestand bedryf van transmissielyne
Maak asseblief seker u lees die studiegids vir hierdie module. Afrikaanse Weergawe.

Studiemateriaal

Die voorgeskrewe handboek vir hierdie module is:
Glover, J. D.; Sarma, M. S.,Power Systems Analysis and Design, Fourth Edition, CL Engineering, 2007, ISBN-13: 978-0-53-454884-1

Boek Omslag

Daar is verskeie ander boeke, artikels en navorsingsbronne beskikbaar oor hierdie studieveld, en ons maak 'n lys van 'n paar noemenswaardige bronne op die Bykomende Studie blad. Ons raai aan dat jy jou kennis van hierdie studieveld so goed moontlik verdiep.