Inleiding

Hierdie module, by die Departmenent Elektriese en Elektroniese Ingnieurswese by Stellenbosch Universiteit, is 'n inleiding tot die beginsels van elektriese masjiene en drywingselektronika vir derdejaar Bedryfs-, Meganiese en Megatroniese studente. Die volgende onderwerpe word met die verloop van die module behandel:

  • Nie-ideale transformatormodel
  • Inleiding tot masjien beginsels
  • Wisselstroommasjien beginsels
  • Basiese werking in die bestendige toestand van sinchroongenerators, sinchroonmotors en induksiemotors
  • Wisselrigter-gevoerde induksiemasjienaandrywing
  • Basiese werking in die bestendige toestand van gelykstroommotors en gelykstroomgenerators
  • Omsetter-gevoerde gelykstroommasjienaandrywing
  • Basiese werking van enkelfasemotors en stappermotors.
Maak asseblief seker dat jy die studiegids vir hierdie vak deeglik bestudeer het, veral ten opsigte van die "nuwe" Buigsame Assessering wat vir hierdie vak gebruik word.

Afrikaanse Studiegids | English Study Guide.

Studiemateriaal

Die voorgeskrewe handboek vir hierdie module is:
Chapman, S.J. ,Electric Machinery Fundamentals, Fifth Edition, Mc Graw Hill, 2012, ISBN-13: 978-0-07-352954-7

Boek Omslag

Daar is verskeie ander boeke, artikels en navorsingsbronne beskikbaar oor hierdie studieveld, en ons maak 'n lys van 'n paar noemenswaardige bronne op die Bykomende Studie blad. Ons raai aan dat jy jou kennis van hierdie studieveld so goed moontlik verdiep.



Besoekersessie no. 29818 sedert 20 Januarie 2014